1Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,2het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.4Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.5Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?6o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?7Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,8wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!