Afrikaans

Psalms

130

1'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.3As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?4Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.5Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.7Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;8en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.