Afrikaans

Psalms

149

1Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!2Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!3Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.4Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.5Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.6Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;7om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;8om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;9om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!