1Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid, 2toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? 3o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!4o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!5Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.6Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.7Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!8Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;9want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.