Afrikaans

Psalms

63

1'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. 2o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.3Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.4Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.5Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.6Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe7as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.8Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.9My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.10Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.11Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.12Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.