1Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied. 2Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.3o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!4Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.5Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.6Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!7Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,8wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;9sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.10U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.11U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.12U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.13Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.14Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.